Daar is 'n groot verskil tussen om 'n impak te maak op iemand se lewe en om daardie persoon se lewe totaal te transformeer. By Diensjaar doen ons juis dit, ons transformeer lewens.

Passievolle jongmense sluit jaarliks by ons aan, met groot verwagting en blinkoë. Deur die jaar word die passie verdiep met ondervinding, die verwagtinge oortref met God se verrassings en die blinkoë verhelder deur nuwe horisone en visie.

As jy 'n begeerte het om 'n jaar van jou lewe aan die Here te wei, en graag dieper wil gaan met jou verhouding met Hom, laai nou ons aansoekdokument af en kom sluit aan!

 

Hierdie punte is eienskappe wat vir ons belangrik is in ’n diensjaarstudent, dat jy:

…  werklik ’n persoonlike verhouding met Jesus het

…  leerbaar is en bereid is om te verander

…  sal toelaat dat God (ook deur ander mense) aan jou karakter bou

…  ondergeskik sal wees aan gesag

...   sal kan saamwerk in ’n groep

…  eenvoudig sal kan leef (met min klaarkom)

…  onder druk kan funksioneer

…  aanpasbaar is (soms sal daar roetine wees en ander kere sal jy selfs ’n

     ete oorslaan!)

…  bereid is om op enige manier te dien (jy sal soms sweet)

…  die pas sal kan volhou  (dikwels vroeë oggende en laat aande!)

…  sal kan opoffer:  gerief, privaatheid, sekere keusevryhede, ens.

…  nie geestelik moeg word en uitsak nie.

 

 

            

Created and Maintained by Direct Applications
Tuesday the 20th. . Joomla 3.0 Template.