Die VCSV bied die geleentheid aan jongmense om vir ‘n jaar van hul lewe voltyds vir die Here te werk.  Gedurende hierdie jaar begelei ons hulle om ‘n verskil te maak in ons stukkende wêreld.  Om letterlik hande en voete te wees wat ‘n verskil maak!  

 

Ons wil u uitnooi om saam met ons by hierdie projek betrokke te raak.  Die nood is so groot en so baie jongmense wil graag betrokke raak om ‘n verskil te maak.  Sonder u gebeds- en finansiële ondersteuning is projekte soos hierdie onmoontlik.

 

Die koste van hierdie jeug tot jeug bediening beloop ongeveer R 50 000 per spanlid per jaar.  Dit bestaan uit die paaiemente op die voertuie en klanktoerusting; brandstof, versekering en instandhouding van die voertuie; verblyf en etes; opleidingsmateriaal; spandrag en administratiewe kostes. 

 

Skenkings aan hierdie projek is aftrekbaar van Inkomstebelasting. 

Klik hier vir meer inligting hieroor.    

 

Om 'n student te borg, volg net die volgende twee stappe: 

Stap 1:   Vul die donateursvorm in.  

Stap 2:  Stuur die vorm met die betalingsbesonderhede aan Dorian Adams (besonderhede op vorm) of maak 'n direkte betaling.

 

Baie dankie vir u ondersteuning. 

Created and Maintained by Direct Applications
Tuesday the 20th. . Joomla 3.0 Template.