Voel jy ongemaklik om net 'n algemene donasie te maak? 

Wil jy graag weet waarvoor jou fondse aangewend gaan word?

Kies dan een van die volgende projekte om te ondersteun. Gebruik die projek se kode as verwysing wanneer jy die betaling maak.

 

Bankbesonderhede:

ABSA 632005

VCSV Opvoedkundige Trust

410 203 413  

Verw: Projek kode

 

 

Onthou alle donasies aan Diensjaar is aftrekbaar van belasting.

 

1. Busse-vir-Diensjaar

Ons spanne reis duisende kilometers per jaar en goeie betroubare voertuie is noodsaaklik. Ons het reeds een Quantum aangekoop in 2013 en sal graag nog een wil aanskaf.

Donasies aan hierdie projek help met die maandelikse paaiemente van hierdie bussies of indien daar genoeg bygedra word, kan die nuwe bussie kontant aangekoop word.

Indien jy 'n bydrae wil maak, gebruik die volgende kode as verwysing: BusseVD

  

2. Hou-ons-brandstoftenk-vol

Aangesien ons spanne so baie reis en die brandstofprys ook gereeld styg, is brandstof een van die items wat ons begroting die meeste affekteer. 

'n Donasie aan hierdie projek, help om ons spanne se tenks vol te hou, sodat hulle kan uitkom waar hulle moet en die werk kan doen.

Indien jy 'n bydrae wil maak, gebruik die volgende kode as verwysing: TenksV

 

3. Ons-koskas

Kospryse styg ook aansienlik baie. By Diensjaar is dit vir ons belangrik om na begrotings te kyk, maar ook dat ons studente gesond eet. 

Donasies aan hierdie projek kan gedoen word in die vorm van geld of fisiese produkte, soos koffie, pappe, suiker ens. 

Indien jy produkte wil borg, kontak vir Jolee: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.  

Indien jy 'n geldelike bydrae wil maak, gebruik die volgende kode as verwysing: KosK

 

4. Vul-ons-"toolbox"

Ons Diensjaarspanne gebruik verskeie metodes om die Evangelie oor te dra. Poppekas, dans en drama, speletjies, om net 'n paar te noem. 

Donasies aan hierdie projek help ons om die spanne die regte gereedskap/"props" te gee om hierdie taak te verrig. CD's, klanktoerusting, poppe, uitrustings en boeke, is net enkele voorbeelde.

Indien jy 'n geldelike bydrae wil maak, gebruik die volgende kode as verwysing: ToolB

 

5. 10de-projekte

Ons diensjaarspanne spandeer maandeliks 10% van ons ontvangstes op verskeie liefdadigheidsprojekte. 

Jou bydrae hier kan ons help om die projekte groter en beter te maak en 'n groter impak te maak.

Indien jy 'n bydrae wil maak, gebruik die volgende kode as verwysing: 10Proj

 

6. Uitreik-projek

Ons diensjaarspanne moet eenmaal 'n jaar 'n uitreik beplan. Elke liewe deel van die uitreik, van die datums, tot die dokumente wat by die grens benodig word, tot die kos en finansies, lê op die jongmense se tafel.

Jou bydrae hier kan ons help om die projekte groter en beter te maak en 'n groter impak te maak.

Indien jy 'n bydrae wil maak, gebruik die volgende kode as verwysing: UitrP

  

Created and Maintained by Direct Applications
Tuesday the 20th. . Joomla 3.0 Template.